1 ’Genade onbeskryflik groot
het U aan my bewys
verlore seun ’n wegloopkind
weer in die vaderhuis !
2 Ek is die naam van kind nie werd
wou self my sake reël.
My lewe, kanse, tyd en geld
is nutteloos verspeel.
3 Maar U sien ver, oneindig ver.
U sien my honger, dors.
Want toe ek kom, my skuld bely,
druk U my aan die bors.
4 Genade onbeskryflik groot:
daar’s fees, ek is weer tuis!
U Seun bring my—verlore mens
weer na die vaderhuis.
5 En jy, ou maat, daar eenkant weg?
Lyk of jy honger ly.
Kom na die Vader; kom maak reg.
Genade maak weer vry.
Source: The Cyber Hymnal #8230